[ PDF Version ]

Gebed van God se Boodskapper

April 1, 1903 (Ms 16, 1903)

Hierdie gebed deur Ellen G. White is van ‘n oggend vergadering gehou by die 1903 Wêreld Konferensie Sessie in Oakland, California, VSA. Groot kwessies by die sessie was die goedkeuring van aanpassings aan die Wêreld Konferensie herorganiseering van 1901, denominasionele eienaarskap van die Battle Creek Sanitarium, en die toekomstige ligging van die Review and Herald Publishing House.

Alby instansies het tot die grond toe afgebrand. Eers die hoof gebou van die sanitarium op 18 Februarie 1902, en toe die sentrale uitgewers gebou op 30 Desember 1902.

Bybel verwysings word aangehaal uit die 2020-Vertaling van die Afrikaanse Bybel.

Hemelse Vader, U het gesê, “Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.” [Matteus 7:7.] Hemelse Vader, ons het U Heilige Gees nodig. Ons wil nie uit ons eie uit werk nie, maar alleenlik in eenheid met God. Ons wil in ‘n posisie wees waar die Hielige Gees van God op ons sal wees met herlewende, heiligmakende krag. Sal U Uself aan ons openbaar hierdie oggend! Sal U alle mistigheid en elke wolk van donkerte weg vee!

Ons kom na U, ons barmhartige Verlosser; en ons vra U, om Christus ontwil- vir U eie Seun se onthalwe, my Vader, dat U U krag sal openbaar aan U volk hier. Ons wil wysheid hê, ons wil geregtigheid hê, ons wil waarheid hê, ons wil hê dat die Heilige Gees by ons moet wees.

U het ‘n groot werk voor ons aangebied wat voortgesit moet word ten behoewe van diegene wat in die waarheid is en ten behoewe van diegene wat in onkunde van ons geloof is; en o Heer, soos U aan elke mens sy werk gegee het, smeek ons van U dat die Heilige Gees die menslike verstand mag beïndruk met betrekking tot die las van werk wat op elke individuele siel sal rus, volgens U aanstelling. Ons wil bewys word; ons wil deur en deur geheilig word; ons wil toegerus wees vir die werk; en hier, net hier in hierdie sessie van die Konferensie, wil ons 'n openbaring van die Heilige Gees van God sien. Ons wil lig hê, Here—U is die Lig. Ons wil waarheid hê, Here—U is die Waarheid. Ons wil die regte weg hê—U is die Weg.

Here, ek smeek U dat ons almal wys genoeg mag wees om te onderskei dat ons individueel die hart vir Jesus Christus moet oopmaak, sodat Hy deur die Heilige Gees kan inkom om ons nuut te vorm, in ooreenstemming met die goddelike beeld. O my Vader, my Vader! smelt en onderwerp ons harte. Ons begeer vanoggend om 'n hele oorgawe aan U te maak; ons begeer om ons wil, ons manier, ons optrede wat nie in harmonie was met die weg en die wil van God, prys te gee nie; ons begeer om die Here se weg, die Here se wil, die Here se raad te aanvaar. Kom, o kom in ons midde vanoggend, en beweeg op harte, jonk en oud. Beweeg op 'n besondere wyse op die harte van diegene wat evangeliewaarhede hanteer, sodat hulle almal verlig kan word met die helder strale wat U toelaat om op U Woord te skyn, sodat U onderrig tot die menslike begrip kan kom met die krag en die Gees van die lewende God.

Ons erken voor U dat ons nie U naam eerbiedig het soos wat ons moes nie. Ons erken voor U dat ons in ons hart gebroke moet wees. Ons begeer hierdie oomblik om weer bekeer te word; ons begeer op hierdie oomblik om te besef wat Christus vir ons is, en wat ons as Sy medewerkers vir Hom is en kan wees—“medewerkers van God.” [1 Korinthiërs 3:9.]

O my Vader, laat elke siel wat verward is, elke siel wat nie die weg kan verstaan en sien nie, die weg so duidelik voor hom laat aangebied word dat die mis verwyder sal word en die wolk sal verbygaan, sodat die Son van geregtigheid kan skyn in die kamers van die verstand en in die siel tempel. Was ons, en ons sal rein wees, Here. Laat smeltende genade, genade van U, in elke hart kom; en dan, wanneer ons die smeltende genade van 'n barmhartige en liefdevolle Verlosser besef, sal ons harte, weer eens verenig, in eenstemmigheid klop, en almal sal skouer aan skouer staan om hierdie groot werk te bevorder.

Ons kan nie bekostig om onverskillig te wees nie, Here; ons kan nie bekostig om teenstrydig met mekaar te werk nie. Ons moet op U vertrou; en ons vra vanoggend dat U die Heilige Gees op ons moet laat neerdaal. Ons is gereed om die Trooster te ontvang; ons maak die deur van die hart oop, en nooi die Verlosser in. Ons het U lief, liewe Heiland; U weet dat ons U liefhet. Ons sien in U weergalose sjarme, en ons begeer dat elke siel voortdurend na U sal kyk, U wat die Leidsman en Voleinder van ons geloof is.

Kom, Here Jesus, kom en neem ons soos ons is, en bedek ons in die kleed van U geregtigheid. Neem ons sondes weg. Ons Verlosser, U het na die aarde toe gekom om dit te doen. Ons bekeer ons van verkeerde optrede; ons is jammer vir elke afwyking van U; en ons vra U om ons oortredinge te vergewe, sodat ons aan die wêreld kan wys dat ons 'n Verlosser het wat in staat is om ons sondes weg te neem en ons sy eie geregtigheid toe te reken.

Here, ons aanvaar U nou; ons ontvang U nou; ons glo nou in U; en ons vra U om U Heilige Gees hierdie oomblik op ons te laat rus. Loop hierdie oomblik deur hierdie huis, ons bid U; en mag die engele wat U vergesel, na elke stoel en na elke hart rondgaan; en mag elke mens 'n besef hê van wat "ek" moet doen. Mag elkeen nie na mense kyk nie, maar na Christus – na Hom wat gesterf het om ons te red. Ons is deur U gered, Here; ons kyk na U, Here. O laat U krag oor ons kom, om ons te vertel dat ons sondes vergewe is. U het belowe, “Ek sal vir julle ‘n nuwe hart gee.” [Esegiël 36:26.] Ons verlang om ons harte vernuwe te hë; ons verlang hierna.

Seën ons bedienende broers. Seën almal wat ampsdraers in ons instansies is. Ons wil nie hê dat U hierdie instansies moet vernietig nie; ons wil nie sien dat hulle invloed uitgewis word nie. Ons wil hê dat U alles wat verkeerd is in die hart, die lewe, die karakter van elke werker eenvoudig moet wegneem, sodat U elke instansie van U eie planting kan gebruik om U naam te verheerlik. Ons het elkeen van hulle nodig.

O my Verlosser, U wat barmhartigheid aan ons almal betoon het, weereens vra ons U om aan ons 'n ryke deel van U genade, U volheid, U barmhartigheid, U ewige liefde te skenk. Kom, Here Jesus, en maak ons deelagtig aan U goddelike natuur, sodat ons die verdorwenheid wat deur begeerlikheid in die wêreld is, kan oorwin. O mag die Gees van Christus, die liefde van God, elke hart vertroos vanoggend! Verdryf die duisternis, keer die bedrieglike magte van die vyand weg, en laat U stem en U Gees en U liefde in ons siele kom, dat ons saam met Christus Jesus in hemelse plekke kan sit; en u Naam sal al die eer hê. Amen.